Oor Ons

'n Oupa en Ouma met Kleinkinders

Wat begin het as ‘n idee om vir die kleinkinders ‘n kaboutertuin buite te skep, het vinnig verander na ‘n binnenshuise kabouterdorpie in die eethoekie. Toe maak ons die fout om vir die kinders fotos te stuur om die verskillende tonel te wys, en hier is ons nou…

Johann en Zelda het in 2004 Biographix Web en Media begin. Dit was van dag een af ‘n familie onderneming. Johann en Zelda het twee dogters, getroud met heel “cool” laaitjies en tussen hulle is 3 kleinkinders. Die oudste is 12 en die jongste is 2. 

Johann, het verskeie jare ervaring in video produksies, -redigering, animasie en grafiese ontwerp en is hierdie nuwe dinamika vir hom soos elke dag in die kantoor voor die rekenaar.

Zelda aan die anderkant, sit soms tot in die vroeëre oggendure om nuwe byvoegings te skep. Dit wat jy in die video’s sien is 95% wat sy geskep het. Die grootste plesier wat sy kry is om die vreugde op die kleintjies se gesigte te sien.

Tinkeltuin, wat nog in sy kinderskoene staan, het sovêr nog met elke episode ‘n totale gedaanteverwisseling ondergaan en sal dit vir ‘n wyle nog so aangaan terwyl die tegniek, storielyn, stemopnames aangepas word todat die resep reg is. 

Wat ons nie verwag het nie, is dat die loots-episode so goed sou doen nie. En dit is te danke aan mense soos jy wat nou hier lees. 

Dankie!

Bly op hoogte wat hier aangaan

Subscription Form